Business

#SakeUur: #SAUnrest - Waterskeiding vir Suid-Afrika?

───   18:27 Thu, 22 Jul 2021

#SakeUur: #SAUnrest - Waterskeiding vir Suid-Afrika? | News Article

Juliemaand was ’n redelike beproewende maand vir Suid-Afrika.

Nie net in terme van die derde vlaag van die Covid-19 uitbreking en die gepaardgaande inperkings nie, maar ook in terme van die burgerlike verset en oproer wat ons veral in KwaZulu-Natal en Gauteng gesien het, en dan natuurlik die ekonomiese gevolge hiervan.

OFM se Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Krüger, het met Dawie Roodt, ’n direkteur en hoof-ekonoom van die Efficient Groep – Finansiële en beleggingskenners, gesels vir ’n bietjie dieper insig.

Roodt brei uit oor die omvang van die skade, hoe die gebeure markte beïnvloed al dan nie, die toekoms vir buitelandse beleggings, die pad vorentoe vir kleinsake wat geraak is, hoe lank ekonomiese herstel na verwagting sal duur, en wat gedoen kan word om die onderliggende kwessies wat tot gebeure gelei het, aan te spreek.

Luister na die potgooi onder.


Podcasts

#SakeUur - #SAUnrest – waterskeiding vir Suid-Afrika?:

@ 2021 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.


  Visit the official Covid-19 Portal  More Information
Visit the official Covid-19 Portal