On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Business

#SakeUur - Aftreewenke vir millenniërs

───   18:30 Mon, 06 Sep 2021

#SakeUur - Aftreewenke vir millenniërs | News Article

Aftrede is gewoonlik die laaste ding wat iemand onder 35 jaar in gedagte het, maar kenners waarsku dat ‘n gebrek aan beplanning, veral die sogenaamde millenniër-generasie kan benadeel.

Die gemiddelde aftree-ouderdom in Suid-Afrika is 60, maar statistieke toon dat slegs 6% van Suid -Afrikaners op die regte pad is as dit by die beplanning kom.

OFM-inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Krüger, het met Nicole Venter van Wytham Estate gesels om meer uit te vind. Luister na die potgooi onder om te hoor hoeveel en wanneer jy moet begin spaar.

Hier’s ook van haar maklike aftreewenke vir millenniërs:

1. Tyd om die eerste stap te neem. Of jy nou 20 of 30 is, dit is tyd om te begin spaar vir jou aftrede. Of jy nou 15 tot 20% spaar of wat ook al jy kan, dit is belangrik dat jy begin.

2. Soek hulp: Werk saam met 'n finansiële beplanner om die wiskunde te doen. Hulle kan die verloop verduidelik, ontleed wat nodig is en dit sal help om te bepaal wat die hoeveelheid is wat jy nodig het om in styl af te tree. Hulle sal ook help om die beste, rentedraende aftreeplan of pensioenfonds op die mark te kies.

3. Doen navorsing: Sommige maatskappye, veral groot ondernemings, dra 'n deel van jou totale koste aan die onderneming by tot 'n pensioenfonds of uittree-annuïteit. Hoor by menslike hulpbronne wat dit behels en bly op die hoogte deur die prestasie daarvan deurgaans te volg.

4. Fokus op die einddoel: Neem tyd om jou aftrede te visualiseer op die dae waarop jy voel dat jy maar kan spaar op 'n vakansie. Dit sal jou help om op die regte spoor te bly. Dink aan opofferings op kort termyn vir wins op lang termyn.

5. Verhoog jou bydrae: 'Terwyl jy salarisverhogings by die werk ontvang, moet jy jou pensioenbydrae dienooreenkomstig verhoog. Selfs 'n klein bietjie kan 'n lang pad gaan.


Podcasts

#SakeUur - Aftreewenke vir millenniërs:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.