On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 Saturday Nights with OFM
Listen Live Streams

Business

Kry besigheidsversekering wat soos ’n handskoen pas

───   16:00 Thu, 28 Oct 2021

Sponsored16:00 Thu, 28 Oct 2021
Kry besigheidsversekering wat soos ’n handskoen pas | News Article

Ons leef in onseker tye en die uitdagings om ’n onderneming in hierdie onstuimige toestande te bestuur is legio. Daar’s ook baie diensverskaffers wat vele beloftes maak wanneer dit by versekering kom.

Maar, waarna moet 'n mens kyk en watter produkte moet jy kies?

OFM-inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Krüger, gesels met Louan van Rooyen, hoof-aktuaris by Besigheidsversekering, OUTsurance.

Hy verduidelik dat korttermynversekering jou besigheid se voortbestaan en kontantvloei beskerm deur twee elemente te verminder: wisselvaligheid in kontantvloei en akkumulasie.

“Jy verruil basies ’n enkele onvoorsiene groot uitgawe, soos die vervanging van ’n voertuig nadat dit gesteel is, met ’n reeks voorsiene klein uitgawes - jou versekering premies. Dus verruil jy ’n wisselvallige begroting met ’n meer stabiele begroting.”

Verder kan versekering gekontrasteer word met ’n maandelikse spaarplan vir daardie maand wanneer die insident gaan gebeur.

“Die voordeel wat versekering het, bo die van ‘n spaarplan, is dat al gebeur die insident in die eerste maand sal daar dan genoegsame fondse wees, waar met ’n spaarplan dit nie noodwendig die geval gaan wees nie. Dit kom wel teen ’n premie, maar in ruil kry jy sekerheid, of dan nou versekering.”

In terme van akkumulasie verduidelik Van Rooyen al is die kanse skraal dat ’n onderneming katastrofale skade ly, is die kanse ook skraal dat ’n onderneming van so ’n ramp sal kan herstel.

“Wat as ’n brand uitbreek en al jou voertuie en geboue afbrand in ’n enkele insident? Dis waar jou versekeraar inkom, hulle beskik oor daardie reserwes, maar weereens, dit kom teen ’n premie.”


Van Rooyen meen ondernemings moet oor die volgende besin wanneer hulle ’n versekeraar kies:

  • Maak seker jy kry ’n produk wat handskoenpas is vir jou spesifieke besigheid se behoeftes. ’n Goeie aanwyser is of die versekeraar genoegsame tyd vat om jou besigheid goed te verstaan.
  • Oorweeg ’n versekeraar wat vaste bybetalings aanbied en nie waar die bybetaling as ’n persentasie van die eis uitgewerk word nie.
  • Doen die versekeraar wat hy belowe? Eintlik verkoop ’n versekeraar nie polisse nie, maar eise. Gaan kyk self wie eerbiedig hierdie beloftes die beste wanneer dit kom by eise stadium. Die Ombudsman vir Korttermynversekering reik jaarliks ’n verslag uit waarin hulle rapporteer op die hoeveelheid klagtes wat hulle ontvang, asook watter persentasie van hierdie klagtes geldige klagtes was.

Daar is deesdae omtrent versekering beskikbaar vir enige onversiene voorval of probleem. Dekking strek van algemeen soos voertuigversekering en versekering vir vaste bates, soos geboue en voorraad tot dekking wat jou help as ’n geldige eis jou kontantvloei beïnvloed.

“Selfs gedeeltelike skade aan jou perseel kan ’n impak op jou produksie hê wat tot ’n vermindering in jou omset kan lei. Sommige van jou uitgawes sal dan ook minder wees as ’n gevolg, maar wat van die vaste uitgawes wat nie verminder indien jou omset verminder nie?” vra Van Rooyen.

Hy verduidelik dat sakeonderbreking versekering ontwikkel is om hierdie probleem aan te spreek en in die geval van ’n geldige eis sal dit jou vaste uitgawes dek, asook die verlies aan wins wat jy lei.

“Met beurtkrag is kragstuwings nogal lastig en kan dit baie skade aan jou elektroniese toerusting aanrig. Maak seker jou dekking sluit dit in en onthou dat weerligdekking nie noodwendig skade wat deur kragstuwings veroorsaak word sal dek nie,” voeg Van Rooyen by.

Verder moet besigheidseienaars ook die spesifieke industrie in ag neem.

“As jy boer, kan jy landbouversekering uitneem wat produkte bied om jou vee te verseker. As jy in konstruksie is, kan jy kontrakteurs alle risiko dekking uitneem.

As jy ’n voertuighandelaar is, kan jy versekering uitneem wat jou voertuigvoorraad beskerm terwyl dit op die vertoonvloer staan of bestuur word tydens ’n toetsrit.”

Selfs diegene wat troeteldier salonne besit kan nou dekking uitneem.

“Indien een van hul werknemers per ongeluk ’n diertjie beseer en die kliënt skadevergoeding daarvoor eis, kan dit die salon beskerm.”

Daar is selfs versekering teen kubermisdaad beskikbaar.

“Veral na inperking waar digitale verbruik aansienlik toegeneem het, word hierdie vinniger as wat verwag is, ’n groter realiteit, selfs al word dit nog nie baie goed verstaan in ons land nie,” sluit Van Rooyen af.

OUTsurance is ’n gemagtigde versekeraar en FDV. Bs, Vs en limiete geld.

Kry ’n kwotasie, SMS “OUT” na 31126 of skakel 08600 60 000 en vra dat ’n Business OUTsurance-makelaar jou besigheid besoek.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.