On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Business

Kookoliepryse begin stabiliseer

───   08:17 Tue, 30 Aug 2022

Kookoliepryse begin stabiliseer | News Article
PHOTO: iStock

Binne die volgende twee maande, behoort kookoliepryse te stabiliseer ná die onlangse prysverhogings vroeër vanjaar.

Volgens die kommersiële direkteur van Southern Oil, Morné Botes, is daar ondanks die voortslepende konflik tussen Rusland en Oekraïne, verwag dat kookoliepryse sou styg weens die vraag wat steeds groter as die aanbod was.

Dit was ook as gevolg van sonneblom- en kanola-oeste wat nie van so 'n aard was dat dit by die aanbodaanvraag kon byhou nie. Die oorlog het die kwessie net vererger.

Met die gepaardgaande invloed op Oekraïne se produksie en uitvoer van sonneblomsaad en –olie, het dit ook 'n indirekte impak op die Suid-Afrikaanse verbruikers en markte gehad.

“Wat tans gebeur, is die nuwe oes in Europa van sonneblom en kanola is in September en Oktober. En wanneer dit inkom, sal die vraag en aanbod in beter balans wees en dan word die pryse af bestuur,” verduidelik Botes.

LEES OOK: Sonneblompryse steeds hoog 

Hy het verder aan OFM-nuus gesê pryse was op hul hoogste tussen R100 en R120 vir twee liter kookolie, wat verbruikers en vervaardigers erg benadeel het.

Botes voeg verder by dat die pryse na R80 of R90 sal daal, met sekere promosies wat pryse so laag as R70 vir twee liter kookolie in die nabye toekoms sal sien – tot volgende jaar se oes in September.

Hy sê verder “die ergste is verby” met betrekking tot kookolieprysstygings.

Botes maan eger steeds verbruikers om produkte spaarsamig te gebruik en goeie gehalte produkte aan skaf wat met filtrering hergebruik kan word om kostes te bespaar.

Luister na die volledige gesprek onder:


OFM-nuus/Bambatha Giko

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.