Business
EconoEnergies by NWK Retail: alternatiewe kragbronne vir jou─── 15:00 Tue, 28 Feb 2023
Sponsored15:00 Tue, 28 Feb 2023
Beurtkrag is hier om te bly en hoewel die regering onlangs onder meer 'n noodtoestand afgekondig het om die bestuur van dié krisis te prioritiseer kan dit nog etlike jare duur voordat Suid-Afrikaners finaal van hierdie ongerieflike euwel verlos is.
EconoEnergies by NWK Retail het 'n wye reeks alternatiewe kragbronne waaruit verbruikers kan kies na gelang van hul behoeftes.
Keuses is legio en verbruikers moet daarteen waak om net 'n bron van alternatiewe kragvoorsiening te koop wat dalk nie ruimte laat vir uitbreiding nie.
Dit is wys om die volgende vrae te beantwoord voordat jy met aankope begin:
- Hoeveel mense is in my huishouding?
- Hoeveel krag verbruik ons?
- Hoe oud is die huis waarin ons woon? (Nuwer huise word meestal gebou met kragbesparing in gedagte)
- Wil ons heeltemal van die netwerk afhanklik wees of slegs gedeeltelik?
Die drie primêre bronne van alternatiewe energie in Suid Afrika is sonkrag-, gas- en batterysisteme. 'n Kombinasie van al drie is waarskynlik die beste, meer betroubare opsies en ook meer kostedoeltreffend.
Met die kragkrisis wat voortdurend ‘n brandpunt bly, het NWK begin kyk na hoe hulle hul verbruikers kan bystaan. Jaco de Waal het met Japie Nieuwoudt, Produkbestuurder van NWK Retail, gesels oor alternatiewe bronne van kragopwekking. Luister hier:
Benut Suid-Afrika se lekker sonskyn
In Suid-Afrika is sonkrag die beste vorm van alternatiewe kragvoorsiening, danksy die lekker weer wat ons meestal geniet. Begin met 'n sisteem wat jy met tyd kan opgradeer. Klante kan klein begin en soos hulle finansies dit toelaat, kan hulle batterye en panele by die sisteem voeg om kapasiteit te verhoog.
Hoewel dit 'n groot aanvanklike kapitaaluitgawe verg, betaal só 'n sisteem homself binne slegs 'n paar jaar af en kan jy dus op jou kragrekening spaar.
LPG (gas) is ook 'n bekostigbare opsie en verbruikers kan begin deur hulle stowe en geisers hierna oor te skakel. Kragopwekkers gebruik brandstof en is ook 'n opsie.
Hou in gedagte dat, sou jy 'n sonkragstelsel installeer, jou wisselrigter (inverter) versoenbaar moet wees met die kragopwekker om die batterye te kan laai op bewolkte dae. Met gas sit jy ook nie so baie druk op jou batterye as jy reeds 'n sonkrag-installasie het nie.
Wisselrigters (inverters) is 'n gerieflike opsie
Wat batterykrag betref, het EconoEnergies kleiner sisteme wat bestaan uit 'n wisselrigter wat reeds met batterye gekoppel is. Dié toestel is ideaal vir 'n klein huishouding wat dit tydens beurtkrag van 'n beperkte hoeveelheid krag kan voorsien om byvoorbeeld jou WiFi, 'n rekenaar en/of televisiestel en huisalarm van krag te voorsien.
Op hierdie toestelle kan jy ook 'n sonkragsisteem koppel om die laai van die batterye te bespoedig as die krag gedurende die dag af is.
Ys- en vrieskaste bly 'n groot kopseer tydens lang kragonderbrekings en om 'n kragopwekker vir tot ses ure aan te moet hou ten einde die inhoud te verkoel, kan 'n duur uitgawe aan brandstof tot gevolg hê.
Watter grootte wisselrigter is dus geskik om 'n ys- of vrieskas tydens kragonderbrekings van krag te voorsien?
Daar is 'n algemene reël wat bepaal dat 'n wisselrigter vyf keer die lopende watt van jou ys- of vrieskas moet wees, veral wanneer hy aanskakel. Dit sal verseker dat jou wisselrigter die lopende krag van die toestelle kan hanteer.
'n Voorbeeld van só 'n yskas, is een wat 'n kapasiteit van 200W het. Dit benodig dan 2 000W om te kan aanskakel en 1 000W om aan te bly. Jy moet dus spesifiek weet hoeveel krag jou yskas benodig voordat jy 'n wisselrigter daarvoor koop. Hou ook in gedagte dat nuwe yskaste energiebesparend is, teenoor ouer weergawes wat baie krag verbruik.
Ken die verskil tussen batterye
Verbruikers weet ook nie altyd wat die verskil tussen gel- en lithium-batterye is nie. Laasgenoemde is heelwat duurder, maar lithium-batterye se vermoë om krag te behou is baie beter.
Gel-batterye moet net tot op 50%-kapasiteit gebruik word. As jy die gel-batterye op verskeie geleenthede met meer as 50% laat afloop, is die kans groot dat die lewensduur verkort word. 'n Lithium-battery kan ook hoër ampère vanaf 'n laaier hanteer, wat beteken dit laai vinniger vol as ander batterye.
Anders as gel-batterye kan 'n lithium-battery tot op 80%-kapasiteit gebruik word. Die lewensduur van 'n lithium-battery is dus baie langer as dié van 'n gel-battery.
Finansieringsopsies
NWK is geakkrediteer by Wesbank en Standardbank. Om aansoek te kan doen by die banke moet die kontrakteur ook geakkrediteer wees. As die kliënt belangstel om aansoek te doen vir 'n lening kan hulle NWK kontak.
EconoEnergies reël met die kontrakteur om uit te gaan na hulle toe om die kwotasie te bevestig. Die kwotasie en aansoekvorms word dan na die klant, met die kontakbesonderhede van die konsultante by die verskeie banke, gestuur.
Die klant kan dan sy aansoek na die twee banke stuur, waarna die konsultant die klant sal kontak om al die nodige dokumentasie te kry om die aansoek af te handel. Sodra die aansoek gunstig oorweeg is, laat weet die bank EconoEnergies asook die klant dat daar voortgegaan kan word met die installasie.
Kontak EconoEnergies by NWK Retaiil vandag nog by 073-317-9322 of 082-824-5334.
