On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Business

Werkloosheid neem toe in eerste kwartaal

───   08:36 Wed, 17 May 2023

Werkloosheid neem toe in eerste kwartaal | News Article
FOTO: The Economic Times

Die amptelike werkloosheidskoers in die eerste kwartaal van 2023 het marginaal met 0,2% tot 32,9% gestyg, het Statistieke Suid-Afrika Dinsdag bekendgemaak.

In die vierde kwartaal van 2022 was dit 32,7%.

JacarandaFM berig Risenga Maluleke, statistikus-generaal, sê die jongste arbeidsmagopname toon dat 179 000 meer mense in die eerste kwartaal werkloos was.

“Dieselfde kwartaal het ook 'n effense toename in indiensneming getoon, maar die syfer word verswak weens die toename in werkloosheid.

In die eerste kwartaal was 258 000 meer mense in diens vergeleke met die vorige kwartaal. Dit beteken dat net 16,2 miljoen mense in die land werksaam is.

Vervaardiging, konstruksie, mynbou, handel en private huishoudings is die grootste bydraende sektore tot die verlies aan werk.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.