On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with Nikki
Listen Live Streams

Business

Saamwerkruimtes: ’n werkbare oplossing

───   13:28 Tue, 19 Sep 2023

Sponsored13:28 Tue, 19 Sep 2023
Saamwerkruimtes: ’n werkbare oplossing  | News Article

In vandag se vinnig veranderende wêreld, het die manier waarop ons werk en die ruimtes waarin ons werk, 'n beduidende gedaanteverwisseling ondergaan.

Christi-Léne Gericke van RAiN Geoktrooieerde Rekenmeesters vertel hoe die nuwe CoolDesk saamwerkruimte inisiatief die plaaslike sake-toneel van die Potchefstroom gemeenskap kan transformeer.

Die wêreld is al ’n geruime tyd besig om die stof van die tradisionele kantooropset af te skud en ’n florerende neiging te verwelkom - saamwerkruimtes. ’n Sentrale ligging en gemeenskap van professionele mense wat saamwerk in ’n tegnologieryke omgewing (met stabiele krag), waar idees soos koffie vloei en innovering strukture rig.

’n Paradigmaskuif so verfrissend soos die eerste somerreën.  

Uit met die oud, in met die nuut

Saamwerkruimtes is reeds oorsee gevestig en met Covid, het hierdie neiging ook in Suid-Afrika posgevat. Terwyl tradisionele kantore steeds hul plek het, bied saamwerkruimtes 'n moderne alternatief wat voorsiening maak vir die veranderende behoeftes van vandag se werksmag én bied meer buigsame voordele in vergelyking met tradisionele kantoorruimtes.

’n Buigsame Balans

Of jy nou op soek is na ’n privaat kantoor, ’n gedeelde lessenaar, ’n virtuele werkspasie of ’n vergaderlokaal, saamwerkruimtes bied 'n oplossing vir elke behoefte. Saamwerkruimtes is nie ’n skuilnaam vir ‘koek en tee’ nie… Inteendeel - saamwerkruimtes is juis strategies uitgelê om ’n ondersteunende omgewing te skep om te kan netwerk met mense wat jou passie deel en sodoende ook meer doeltreffend te kan werk.

Gericke meen: “Dit is juis wat saamwerkruimtes so ’n wonderlike alternatief maak. Dis nie 'n ‘one-size-fits-all’ nie. Saamwerkruimtes bied ‘n reeks buigsame lidmaatskapopsies en werkruimtes om aan uiteenlopende voorkeure en begrotings te voldoen.”

Nuwe neigings inspireer CoolDesk inisiatief

Deesdae, meer as ooit, kan besighede eenvoudig nie bekostig om te stagneer nie - vorentoe is die enigste manier om te floreer in 'n veranderende werksomgewing. Juis daarom, bly RAiN Geoktrooieerde Rekenmeesters op die voorpunt van die kurwe deur nuwe tegnologieë, markneigings, en klantevereistes te omarm én om die volgende generasie van professionele persone te ondersteun. Deel van vooruitstrewende denke en leierskap is om enige spreekwoordelike, tradisionele mure ‘af te breek’ sodat nuwe inisiatiewe (en besighede!) kan deurbreek.

In die lig van voorbly, is CoolDesk is 'n baanbreker inisiatief wat die professionele sakekultuur van Potchefstroom sal vernuwe en nuwe geleenthede ontsluit. Potchefstroom staan nie verniet bekend as die stad van kundigheid nie. Met innoverende hulpbronne, 'n lewendige gemeenskap, top geriewe en ’n uitstekende ligging, is CoolDesk ‘n aantreklike keuse vir 'n breë spektrum van professionele persone én studente wat op soek is na 'n saamwerkruimte wat hul groei en sukses bevorder.

’n Nuwe werksruimte is egter net die begin.

RAiN Geoktrooieerde Rekenmeesters wil graag sáám met CoolDesk, aan individue die geleenthede en hulpbronne bied om hulself te bemagtig en uit te blink in hul strewe. 

Soos Gericke tereg sê: “Ons glo dat entrepreneurs die ruggraat van die ekonomie vorm en dat daar geen grense aan innovasie is nie. Goeie idees moet nie beperk word nie, maar eerder deur toegang tot hulpbronne en kennis ondersteun word.”

In die tyd van alternatiewe werksaamhede, baan saamwerkruimtes die weg na 'n nuwe era van produktiwiteit en samewerking. Hierdie dinamiese omgewing, soos beklemtoon deur CoolDesk, breek met die tradisionele kantoorformule en bring 'n vars briesie vir die algemene sakekultuur, en ook ’n stormloop van moontlikhede vir die werkersmag van 2024.

Welkom by die toekoms van werk, en dit gaan so ‘cool’ wees soos dit klink.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.