On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Business

Is dit eties om steenkoolnavorsing in Suid-Afrika te doen?

───   OLEBOGENG MOTSE 20:22 Tue, 21 Nov 2023

Is dit eties om steenkoolnavorsing in Suid-Afrika te doen? | News Article
Photo: Prof. Marco le Roux

Beslis, sê prof. Marco le Roux, direkteur van die Sentrum vir Ingenieursonderwys aan die Noordwes-Universiteit. Hy was op OFM Sakeuur om steenkoolnavorsing te bespreek.

Reuters het onlangs eksklusief berig dat Suid-Afrika sy bindende doelwitte vir die 2030-koolstofvrystellings ingevolge die Parys-klimaatooreenkoms gaan misloop.

Le Roux sê volgens voorspellings sal Suid-Afrika ná 2050 steeds van steenkool afhanklik wees vir elektrisiteit. Daarom bly dit die verantwoordelikheid van kundiges om voort te gaan met navorsing om steenkoolgebruik te optimaliseer, emissies te minimaliseer en gebruikte terreine te rehabiliteer. Dit sal onvermydelik lei tot koolstofneutraliteit deur koolstofvrystellings uit te skakel en hierdie beperkte hulpbron optimaal te gebruik, sê hy.

LEES OOK: Solidariteit teen Eskom-prysverhoging

Wat vertraag die oorgang na hernubare energie?

Le Roux sê twee faktore belemmer die oorgang van fossielbrandstowwe na hernubare energie: Koste en die beskikbaarheid van alternatiewe energiebronne.

China het glo meer as $750 miljard beskikbaar gestel vir hernubare energie-opwekkingsinisiatiewe en -projekte en Amerika $350 miljard. Le Roux beklemtoon dat ontwikkelende lande nie hierdie soort kapitaal het nie. Wat Suid-Afrika betref, help dit nie dat daar baie sonskyn in die Noord-Kaap en Karoo is nie, maar die land het nie die vermoë om die energie wat opgewek word na die elektrisiteitsnetwerk te versprei nie.

Lande wat daarin geslaag het om na hernubare energie oor te skakel

Swede, Denemarke, Noorweë en Switserland het daarin geslaag om ’n oorgang na hernubare energie te maak. Costa Rica en Ysland is ook besig om vordering te maak.

LEES OOK: 'Ramaphosa moet moontlikheid van energie-ramptoestand uiteensit'

Suid-Afrika gebruik wat beskikbaar is

“In Suid-Afrika is die fossielbrandstof wat gebruik word steenkool, vanweë die beskikbaarheid. Werk aan die optimalisering in die steenkoolwaardeketting, die vermindering en uitskakeling van water in steenkoolverwerkingsaanlegte, emissiebeheer tesame met koolstofopvang en -berging, volhoubare rehabilitasie van grond en die herontplooiing van die huidige arbeidsmag sal bydra tot 'n veilige toekoms vir die nageslag. Binne hierdie konteks, sonder om maatskaplike vooruitgang te benadeel, bly steenkoolnavorsing integraal en ’n waardevolle bydraer om die doelwitte van die Verenigde Nasies se Klimaatsveranderingskonferensie te help bereik wat deur 196 partye aanvaar is. Dit het in 2016 in werking getree,” sê Le Roux.

OFM Sakeuur

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.