Business
Groot veranderinge vir Egskeidingswet in Suid-Afrika─── OLEBOGENG MOTSE 19:24 Mon, 04 Dec 2023

Wysigings gaan gemaak word aan ’n afdeling van die Egskeidingswet in Suid-Afrika nadat die konstitusionele hof dit ongeldig en strydig met die Grondwet verklaar het.
Hoe raak dit jou as ’n kleinsake-eienaar of alleeneienaar as jy van jou gade skei? Die prokureur Ilze Strydom van PH Prokureurs en Kayla Barker bespreek die besonderhede daarvan.
Agtergrond van die saak:
In Mei 2022 het die hooggeregshof in Pretoria artikel 7(3)(a) van die Wet op Egskeiding, 70 van 1979 teenstrydig met die Grondwet verklaar omdat dit beperkings plaas op die werking van artikel 7(3) van die Wet op huwelike buite gemeenskap van goedere voor 1 November 1984. In Oktober 2023 het die konstitusionele hof die die beslissing van die hooggeregshof se uitspraak bekragtig.
LEES OOK: Hoe sal die ouerskapverlof van vier maande verdeel word?
Wat is die impak van hierdie beslissing?
Strydom sê alle partye wat buite gemeenskap van goedere getroud is sonder die insluiting van die aanwasbedeling sal 'n hofbevel kan vra vir die herverdeling van bates, indien dit aan die nodige vereistes voldoen word, ongeag wanneer die huwelik aangegaan is”.
LEES OOK: #SakeUur: Behoefte bepaling vir aftree beplanning
Strydom spesialiseer in familiereg en hanteer sake in die kinderhof, onderhoudshof, gesinsgeweldhof, landdroshof, streekhof en hooggeregshof. Sy doen ook algemene litigasie.
Sy het reeds in die begin van haar regsloopbaan haar werketiek en toewyding aan haar kliënte vir haar laat spreek. Sy stel hoë standaarde vir haarself en almal wat saam met haar werk. Ervaring het haar geleer hoe om hierdie eienskappe tot haar kliënte se voordeel te gebruik.