On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Business

Ondernemings, inwoners in Winburg ly weens wateronderbrekings

───   OLEBOGENG MOTSE 12:28 Tue, 05 Dec 2023

Ondernemings, inwoners in Winburg ly weens wateronderbrekings | News Article

Inwoners van Winburg is al weke sonder water.

Michael Landsman, direkteur en stigter van Lesawell, het aan OFM Sakeuur gesê die Winburg-gemeenskap het ná weke van wateronderbrekings ’n petisie onderteken. Dit sal aan verskeie staatsdepartemente oorhandig word.

Landsman sê die munisipaliteit kan na bewering nie water aan gemeenskappe lewer nie omdat ’n vorige verskaffer van watertenkwaens  nie betaal is nie. Dit vererger die situasie en die boorgate se vlakke is ook laag. Van die ondernemings moes tydelik sluit omdat hulle nie sake kan doen sonder water nie.

LEES OOK: Droeë krane stuur af op ’n menslike ramp op Winburg, Brandfort

Winburg val saam met Theunissen en Brandfort onder die Masilonyana-munisipaliteit wat gereeld opdaterings oor die watersituasie op sosiale media plaas. Beurtkrag word blameer vir die watertekort. “Die munisipaliteit verloor ses uur se water wat na die reservoir pomp en dit beïnvloed reservoirvlakke,” sê die munisipaliteit in ’n verklaring. In Theunissen is die probleem die hoofpypleiding van die watersuiweringswerke na die reservoir wat gebars het. Dit is intussen reggemaak.

LEES OOK: Koffiefontein sonder water in hittegolf

Landsman doen ’n beroep op organisasies en ondernemings om te help met Jojo-tenks of brandstofskenkings sodat water by diegene kan uitkom wat dit nodig het. Sy e-posadres is landsmananthony@gmail.com

OFM Sakeuur                 dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.