On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Business

Reserwebank hou repokoers onveranderd

───   13:04 Fri, 31 May 2024

Reserwebank hou repokoers onveranderd   | News Article
Foto: Pixabay

“Die prima koers van banke bly ook onveranderd op 11,75%.”

Die Reserwebank se monetêrebeleidskomitee (MBK) het eenparig ’n besluit oor die repokoers geneem. “Die beleidskomitee het dit onveranderd op 8,25% gehou,” sê Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank. Die prima koers van banke bly ook onveranderd op 11,75%.

Die MBK sê in ’n verklaring die inflasiekoers is steeds hoër as wat vroeër vanjaar verwag is en dit het ’n invloed op die rentekoersverwagtinge. Suid-Afrika se inflasiekoers is 5,2%

“Wêreldwyd is daar kommer oor inflasie op langtermyn – nie net in Suid-Afrika nie. Dit lyk of die inflasiekoers in Amerika begin daal wat kan beteken die Amerikaanse Federale Reserweraad moontlik later vanjaar sy rentekoerse kan verlaag. Die verwagting is dat ander sentrale banke ook hul koerse kan verlaag,” lui die verklaring.

Suid-Afrikaners moet steeds waak teen oorbesteding. Foto: Pixabay

Die MBK sê die rand is ook sedert die vorige MBK-vergadering meer wisselvallig teenoor ander geldeenhede. “Die MBK is wel bekommerd dat die verwagting vir die inflasiekoers te hoog is. Ná drie jaar wat die inflasiekoers hoër as 4,5% is, verwag maatskappye en vakbonde nie die inflasiekoers sal binne twee jaar net 4,5% wees nie.”

Die MBK verwelkom dat daar geen beurtkrag sedert 26 Maart was nie, maar wou nie oor die verkiesingsuitslae bespiegel nie.  

OFM Nuus dg/cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.