On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Business

Shein en Temu: Petisie begin weens Jan Taks se ingryping

───   12:00 Fri, 14 Jun 2024

Shein en Temu: Petisie begin weens Jan Taks se ingryping | News Article
Manipulerende taktieke word glo gebruik om verbruikers meer te laat bestee. Foto: Unsplash/Harry Cunningham

“Dit het ons in staat gestel om winsgewend te werk – dit het ons ook in staat gestel om oortollige voorraad drasties te verminder.”

Ná die aankondiging van die regering dat pakkies van Shein en Temu swaarder belas gaan word, is ’n petisie aanlyn deur verbruikers begin. Hulle is gekant teen die hoër belasting wat vanaf 1 Julie op bestellings gehef gaan word.

Jan Taks het hom daartoe verbind om voortaan alle klerepakkies met ’n invoerbelasting van 45% plus BTW te belas.

‘Tekstielmaatskappye en vakbondverteenwoordigers verwelkom ingryping’

Die petisie op change.org.za lui soos volg:

“Suid-Afrikaners kan dit nie bekostig nie, ons koop by Shein en Temu want ons kan nie klere van plaaslike maatskappy bekostig nie, die punt van Shein en Temu is bekostigbaarheid. Die SAID kan die belasting so vinnig verhoog, maar hulle doen niks met ernstige kwessies in Suid-Afrika nie. 

“Shein en Temu bevoordeel nie net verbruikers nie, maar ook plaaslike koeriers. Dit is nie regverdig teenoor verbruikers nie, die regering gee nie om vir ons burgers nie, hulle wil net al ons geld opvreet.”

Die regering se ingryping teen reëls wat dié kleinhandelaars toegelaat het om produkte goedkoper as hul mededingers die land binne te bring, is wel deur tekstielmaatskappye en vakbondverteenwoordigers verwelkom.

Shein – glo uitgespreek “Shine” – bestaan al langer as ’n dekade, maar ons begin nou eers meer oor die handelsnaam leer. Die entrepreneur Chris Xu het dit in Oktober 2008 in China gestig. In 2022 het dit die wêreld se grootste modekleinhandelaar geword. 

‘Ons noem ons model produksie op aanvraag’

Ná jare van oënskynlike stilte, probeer Shein nou verduidelik hoe die maatskappy werk. “Ons noem ons model ‘produksie op aanvraag’,” sê Peter Pernot-Day, Shein se wêreldwye hoof van strategie en korporatiewe sake. 

“Die manier waarop dit werk is, ons sal potensiële produkte identifiseer en saam met van ons kleiner produksievennote werk. Ons sal tussen tien tot 100 kopieë van ’n spesiefieke kledingstuk maak en dit dan te koop aanbied,” sê hy. 

As die kledingstuk aanklank vind, gaan Shein terug en vind ’n vennoot wat dit op grootskaal kan vervaardig. “Dit het ons in staat gestel om winsgewend te werk – dit het ons ook in staat gestel om oortollige voorraad dramaties te verminder.”

Temu is op sy beurt ’n aanlyn mark wat deur die Chinese e-handelsmaatskappy PDD Holdings bedryf word. Vanaf Julie 2022 bied dit groot afslag op verbruikersgoedere wat meestal direk vanaf China na verbruikers gestuur word.

“Shein en Temu het ’n voortdurende, ongeëwenaarde ‘dors’ na lugvrag,” het Guillermo Ochovo, die direkteur by Cargo Facts Consulting, aan Forbes Africa gesê. Chinese e-handelswebtuistes stuur elke dag die ekwivalent van 88 Boeing 777-vragvliegtuie die wêreld in. Lugvragtariewe het gevolglik die hoogte in geskiet, maar dié twee maatskappye was bereid om vinnige verskeping te subsidieer soos hulle wêreldwyd groei – vir nou.

Om tred te hou, het sommige logistieke en lugdiensmaatskappye selfs meer vlugte begin byvoeg om voor te berei vir meer groei. Byvoorbeeld, Atlas Air, 'n Amerikaanse lugvragmaatskappy, het aangekondig dat hy binnekort ’n tweede lugvragvliegtuig in diens sal stel in vennootskap met YunExpress, ’n Chinese lugdiens.

Strenger EU-regulasies gaan ook vir Temu ingestel word nadat die Europese Kommissie dit as ’n “Very Large Online Platform” (VLOP) ingevolge die Wet op Digitale Dienste (DSA) bestempel het. Die kommissie het verlede maand dieselfde regulasies vir Shein ingestel.

Die stap kom ook net twee weke nadat ander Europese verbruikersorganisasies ’n klag teen Temu ingedien het. In die klagte word beweer dat die maatskappy versuim het om deursigtig met verbruikers te wees oor sy algoritme of waar sy produkte vandaan kom en manipulerende taktieke gebruik om verbruikers meer te laat bestee.


@brendenr22 Replying to @surri #greenscreen #temu #shein Tax on orders over R500 - what happens to orders over R500? - Also go check @The Original Shopping Queen?????? #southafrica #tiktoksouthafrica #southafricatiktok ? original sound - Brenden Roberts????

Volgens die kommissie het Temu bevestig dat hy meer as 45 miljoen maandelikse gebruikers in die EU het, die drempel om as 'n VLOP beskou te word. Dit beteken dat dit aan die strengste reëls onder die DSA sal moet voldoen, veral rondom die beoordeling van “sistemiese risiko’s” wat met sy dienste geassosieer word, soos vervalste goedere, onwettige produkte en items wat inbreuk maak op intellektuele eiendomsregte.

Hoewel hierdie regulasies meestal op EU-verbruikers toegespits is, word Temu ook in die VSA gekonfronteer met groter ondersoek. Wetgewers het glo aangedring op ’n moontlike invoerverbod op Temu in Februarie, met verwysing na dwangarbeid by sy verskaffers.

Die oplewing het selfs globale skeepsroetes beïnvloed. Temu het nuwe see- en lugroetes via Taiwan, Japan en Korea na die VSA begin, “wat tradisionele handelspatrone verander,” volgens 'n verslag van die Taiwanese redery Dimerco. “Gevolglik oorskry vragtariewe vanaf hierdie alternatiewe roetes nou dié van die vasteland van China –’n ongewone gebeurtenis.”

Verlede Maandag het die Chinese regering ook ‘n nuwe lugvragroete tussen die Suid-Chinese stad Zhengzhou en Dallas en Atlanta uitbasuin wat “hoofsaaklik voorsiening maak vir oorgrens-e-handelversendings”.

“As dit nou reeds so gaan, stel jou voor hoe besig dit voor die Kerstyd en die vakansie in September, Oktober, November en Desember gaan wees?” voorspel Ochovo.

OFM Nuus cg/dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.