Business
Groot pret by Tjokkies Inter-Kleuter Sport- en Pretdag!─── 08:11 Wed, 06 Aug 2025
Sponsored08:11 Wed, 06 Aug 2025
Tjokkies nooi ál die kleuters van Bloemfontein en omgewing uit na ’n dag wat spesiaal vir hulle beplan is – die eerste Baby Tjoklits Inter-Kleuter Sport- en Pretdag, op Saterdag 9 Augustus 2025!
Dis nie ’n kompetisie nie – net hope pret, lag, speel en kuier.
Hierdie unieke geleentheid is geskep om voorsiening te maak vir kleuters tussen 3 en 6 jaar, met aktiwiteite wat aangepas is vir klein lyfies en groot energie. Van “hekkies”-hardloop en balspeletjies tot dans en nog vele meer – daar is iets vir elke tjokkertjie om aan deel te neem!
Wat hierdie dag so besonders maak, is die klem op samewerking en sosiale speel – ’n geleentheid vir verskillende kleuterskole om saam te kom, bande te bou, en eenvoudig net kind te wees.
Juffrou Elsabe en Juffrou Blanche kuier by Pulane op At Lunch en vertel meer.
Volgens die organiseerders by Tjokkies gaan dit nie oor wie wen nie, maar oor die ervaring: “Ons wil hê kinders moet herinneringe maak, hulself geniet en deel voel van ’n groter gemeenskap.”
Inskrywings is nou oop! Ouers en onderwysers kan hul kleuters inskryf via hierdie skakel: https://forms.gle/U6wHpxggXaCqgfwj6
Moenie hierdie vrolike dag misloop nie – kom wees deel van die pret, en gee jou kleuter ’n onvergeetlike ervaring!
Navrae? Kontak Sanet by 051 522 3628 of Suzane by 079 622 7535, of e-pos preprim@tjokkies.co.za.