On Now
Weekends 09:00 - 13:00
The Central SA Top 40 Laurika
Show Background
NEXT: 13:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Yvette
Listen Live Streams

Business

Man van Kimberley steeds vermis

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:27 Sat, 11 Jul 2026

Man van Kimberley steeds vermis  | News Article
Bernard Gerber van Kimberley. Foto verskaf

Die Noord-Kaapse man sou na Douglas reis, maar is drie dae laas gesien.

Die polisie se eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad in Kimberley vra die publiek om te help om na Bernard Gerber (45) te soek. Hy word sedert Woensdag (8/7) vermis, sê ao. Molefi Shemane, provinsiale polisiewoordvoerder.

Gerber van Royldene het vir sy vrou gesê hy is op pad na Douglas, maar hy het nooit daar aangekom nie.

Hy het in sy wit Ford Wildtrak-bakkie met die nommerplaat EPOCH 2 NC gery. Dit is onbekend watter klere hy tydens sy verdwyning aangehad het. 

Enigiemand met meer inligting kan ao. Kelaegile Mosala, ondersoekbeampte, by 082 302 0407 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel. Anonieme wenke kan ook met ’n slimfoon na die MySAPS-app gestuur word. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Geen wagtydperk

Daar is geen wagtydperk om ’n persoon as vermis aan te meld nie.Vroeë aanmelding verbeter die kanse op ’n suksesvolle uitkoms.

  • Indien moontlik verskaf ’n onlangse foto van die vermiste persoon. 
  • Gee ’n volledige beskrywing van waar die vermiste persoon woon, die klere wat hy/sy aangehad het, asook enige inligting wat die ondersoekbeampte kan help.
  • Vul die polisie se 55(A)-vorm in en onderteken dit. Hierdie vorm magtig hulle om die foto en inligting van die vermiste persoon te versprei.
  • Kry die ondersoekbeampte se kontakbesonderhede en stuur enige bykomende inligting direk aan hom of haar.
  • As ’n vermiste persoon gevind word of vrywillig terugkeer, stel die ondersoekbeampte onmiddellik in kennis. 
  • Die polisie se 92-vorm moet ingevul word om die buro vir vermiste persone in kennis te stel sodat die vermiste persoon se naam uit die verspreidingstelsel gehaal kan word.

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

 * Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn:066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.