On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Yvette
Listen Live Streams

Central SA

Onwettige kragaansluitings lei tot kommer vir Eskom

───   11:19 Mon, 09 Mar 2020

Onwettige kragaansluitings lei tot kommer vir Eskom  | News Article
Foto: Roderick Titus

Eskom-woordvoerder in die Noord-Kaap, Leticia Smith, sê onwettige kragaansluitings in die Kai !Garib Munisipaliteit lei tot ernstige druk op die kragnetwerk, terwyl die munisipaliteit Eskom ook meer as een miljoen rand skuld.


Smith sê dit is kommerwekkend om te sien hoeveel onwettige kragaansluitings daar in die dorp is, sonder dat daar enige optrede teen die skuldige partye is. 

Groot gedeeltes van informele woonbuurte om Keimoes word vanaf woonhuise van krag voorsien, wat inwoners weer onderverdeel. 

Die kragverskaffer sê dringende ingryping is nodig en dat dit nie enige toegewings gaan maak aan munisipalteite wat Eskom skuld nie. 

Pogings om met die munisipaliteit oor die onwettige kragaansluitings in kontak te tree was onsuksesvol.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.