On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Khoisan-wet tydens inligtingsessie verduidelik

───   10:51 Tue, 23 Feb 2021

Khoisan-wet tydens inligtingsessie verduidelik | News Article
Foto: ANA

Die Noord-Kaapse Departement van Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake hou vandag 'n inligtingsessie om Wet 3 van 2019 te verduidelik. Die wet erken die vryheid van die Khoi- en San-mense vir die eerste keer in 600 jaar.

Die departement, onder leiding van LUR Bentley Vass, gaan die tradisionele Khoisan-wetgewing - wat 1 April vanjaar in werking tree - verduidelik.

Die Khoisan-leier Stanley Peterson sê die implementering van die wet gaan die "kleurling"-naam se einde beteken en beter rigting gee oor hoe die Khoi- en San-mense beskerm gaan word deur die Suid-Afrikaanse wetgewing.

Hy sê president Cyril Ramaphosa se erkenning van die eerste mense en die leierskap van die eerste mense is verblydend. Die wetgewing gaan ook tradisionele Khoisan-leiers van soortgelyke voordele, soos dié van ander erkende tradisionele leiers in die land, verseker.


OFM-nuus/Roderick Titus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.