On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
Show Background
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse rekenmeester kry borgtog nadat sy glo miljoene uitdobbel

───   KEKELETSO MOSEBETSI 08:14 Sun, 22 Nov 2026

Vrystaatse rekenmeester kry borgtog nadat sy glo miljoene uitdobbel  | News Article
Bloemfonteinse rekenmeester op borgtog van R50 000 vrygelaat. Foto; iStock

’n Geoktrooieerde rekenmeester van Bloemfontein moet weer op 20 Januarie in die hof verskyn nadat sy na bewering meer as R24 miljoen van ’n maatskappy sonder winsbejag vir aanlyn dobbel gebruik het.

Elrine Jacobs (41) het Vrydag (20/11) in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Sy staan tereg op aanklagte van bedrog, die indiening van vervalste dokumente en geldwassery, sê lt.kol. Zweli Mohobeleli, Valkewoordvoerder van die Vrystaat.

Sy word daarvan beskuldig dat sy van Februarie tot September 2025 aanlyn dobbeltransaksies ter waarde van miljoene rand gedoen het by Hollywood Bets, Betway en Lotto Star. “Sy het na bewering ook die elektroniese handtekening van die maatskappy se uitvoerende hoof gebruik om op bedrieglike wyse geld van die maatskappy se kredietkaart oor te plaas,” sê hy.


Sy het glo die maatskappy se geld gebruik om haar dobbelaktiwiteite te finansier voordat sy probeer het om die transaksies weg te steek deur vals finansiële state in te dien. Die saak is aangemeld by die eenheid vir ernstige handelsmisdaad en ’n lasbrief vir haar inhegtenisneming uitgereik het. Jacobs is op borgtog van R50 000 vrygelaat.

Die saak herinner aan ’n ander handelsmisdaad waarby ’n rekenmeester in die Vrystaat betrokke was. In 2013 is Jacques Wilhelm Grobler, 'n rekenmeester by Motheo TVET-kollege, in die Bloemfonteinse streekhof tot agt jaar tronkstraf gevonnis. 

Hy is aangekla van bedrog, diefstal en geldwassery nadat geld tussen April 2009 en Maart 2011 na sy rekening oorgeplaas is. Hy is skuldig bevind nadat sowat R1,3 miljoen verdwyn het.

OFM Nuus dg

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn by 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.