On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

LUR besoek Namakwa-streek

───   16:09 Tue, 04 May 2021

LUR besoek Namakwa-streek  | News Article
Noord-Kaapse LUR vir Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake, Bentley Vass

Die Noord-Kaapse LUR vir Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake - Bentley Vass - besoek môre die Namakwa-streek om die uitrol van ‘n noodlenigingsprogram te oorsien.

Vass is in gesprek met die plaaslike uitvoerende burgemeester en geestelike leiers oor presies hoe die program uitgerol gaan word.

Humanitêre verligtingspakkete - wat kos insluit - gaan aan begunstigdes in al ses streke verskaf word om die impak van die droogte te verlig.

Die LUR se woordvoerder, Lerato Khunou, sê die Namakwa-streek is een van die streke wat die ergste deur die droogte geraak word.

Dit, ondanks onlangse swaar reën in die provinsie. Die LUR sal môre by die Rooiwal-gemeenskapsaal die program amptelik van stapel stuur, waarna hy die gemeenskap van Vioolsdrift gaan besoek.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.