On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Polisie oor wetteloosheid van #Mangaung-metropolisie

───   CATHY DLODLO 13:18 Thu, 07 Oct 2021

Polisie oor wetteloosheid van #Mangaung-metropolisie | News Article

Die onwettige optrede van die "nuut-aangestelde” lede van die Mangaung-metropolisie – wat sterk kritiek uitgelok het van die munisipaliteit en politieke opposisiepartye – word nie deur die polisie ondersoek nie.

Die metro-polisielede het Woensdagoggend die hoofkwartiere van die Mangaung-metro – die Bram Fischer-gebou in Bloemfontein – beset en die personeel en publiek toegang geweier. Hulle het protes aangeteken teen die tydelike opskorting van die eenheid se werksaamhede. Hierdie optrede kom te midde van aantygings dat van die lede na bewering kriminele rekords het. OFM-nuus het navrae gerig aan die polisie oor óf enige kriminele saak aanhangig gemaak is, en of die polisie ontbied is om die situasie te ontlont.  

LEES MEER: #MangaungCopChaos: Metro police's lawlessness addressed

Die provinsiale polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê tot dusver is daar geen klagte hieroor ingedien nie en die polisie is nie Woensdag na die gebou ontbied om die situasie te ontlont of te monitor nie. Mangaung Metro het intussen beweringe dat sowat 24 lede van die metropolisie-eenheid kriminele rekords het, ontken. Die waarnemende stadsbestuurder van die metro, Sello More, het in ‘n verklaring gesê die optrede van die metropolisie word in ‘n ernstige lig beskou en dat dié lede net ná sowat vier dae in hulle poste reeds dissiplinêre stappe in die gesig staar.

LEES MEER: #Mangaung-metropolisie se draad eers kortgeknip

Dit terwyl die bevinding van ‘n ondersoek na hulle aanstellingsproses en die inlywing van die verkeersbeamptes by dié eenheid na verwagting eers Vrydag bekend gaan wees. Die ondersoek volg ná ‘n ooreenkoms tussen verkeie belangegroepe oor die eenheid, sy ontstaan en werksaamhede. Die aantal nuut-aangestelde lede en die koste vir die totstandkoming van die eenheid – insluitende salarisse, gemerkte voertuie, uniforms en vuurwapens is onbekend en gemeenskapsdrukgroepe en politieke opposisiepartye in die raad het hulle kommer uitgespreek oor hoe die reeds brandarm munisipaliteit, wat onder administrasie is, metropolisie kan bekostig.

LEES MEER: #MangaungCopChaos: Rumours of metro police recruits' criminal records refuted


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.