On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Verhoor begin ná Pofadder-hoteleienaar se moord

───   06:21 Mon, 15 Nov 2021

Verhoor begin ná Pofadder-hoteleienaar se moord | News Article

Meer as 'n jaar ná die dood van Leon Brits gaan sy vrou - Suretha Brits - Maandag in die Hooggeregshof in Upington op sy moord teregstaan.

Leon Brits - 'n sakeman en hoteleienaar van Poffader in die Noord-Kaapse Boesmanland - se lewelose liggaam is in die swembad van sy huis gevind.

Brits sal saam met twee ander beskuldigdes - die 34-jarige Enrich Williams en die 24-jarige Amantle Bareki - in die hof verskyn.

Die verhoor is vir drie weke op die hofrol geplaas.

Suretha Brits is sedert 29 Maart 2020 in aanhouding.

Dit, nadat sy deur 'n ander beskuldigde - Jacques van Vuuren - by die moord op haar man betrek is.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.