On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Munisipaliteite se dienslewering beoordeel

───   16:06 Tue, 29 Mar 2022

Munisipaliteite se dienslewering beoordeel | News Article
Die Nasionale Raad van Provinsies.

Afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies is hierdie week in hulle onderskeie provinsies vir die provinsiale besoek om dienslewering te beoordeel.

Die besoek, wat vandag tot 1 April geskied, is daarop gemik om op uitdagings van staatskapasiteit in die provinsies te reageer.

Parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê afgevaardigdes sal saam met hulle provinsiale eweknieë met munisipaliteite in gesprek tree oor ingrypings om bestuursuitdagings asook dienslewering te verbeter.

Mothapo sê in die Noord-Kaap sal die fokus op die voorsiening van veilige drinkwater en hulp aan droogtegeteisterde gemeenskappe wees.

LEES MEER: Voormalige Noord-Kaapse LUR sterf in ongeluk

Daar sal tydens die besoek ook op watervoorsieningsprojekte, damme, water retikulasie terreine sowel die dryfvere vir misdaad gefokus word.

In die Vrystaat sal die voorsiening van water- en sanitasie-infrastruktuur, asook spesiale ekonomiese sones, onder meer ondersoek word.

LEES MEER: Vrae ingedien oor miljoene aan munisipaliteit se maatskappy

Afgevaardigdes na Noordwes sal kyk na die belegging in mynbou, asook hernubare energie.

Daar bestaan verder ‘n behoefte om paaie te bou, te herstel, en in stand te hou.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.