On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Monumentoudit: Bloemfontein-monumente in goeie toestand

───   06:29 Sat, 09 Apr 2022

Monumentoudit: Bloemfontein-monumente in goeie toestand | News Article
FOTO: Verskaf

Die AfriForum-tak in Bloemfontein het ’n suksesvolle monumentoudit gedoen by drie plaaslike monumente in die stad.

Die burgerregteorganisasie doen ’n jaarlikse oudit om die historiese monumente in Suid-Afrika te evalueer en sodoende rekord te kan hou van watter monumente aandag verg.

Die Brits-monument (op die terrein van die Ou Presidensie), die President Brand-begraafplaas en die Anglo-Boereoorlog-museum/Vrouemonument is geoudit.

Die Bloemfontein-tak onderhou sedert verlede jaar die President Brand-begraafplaas en die Brits-monument, en word bygestaan deur Anchor of Hope met die skoonmaakprojek.

“Die monumente lyk uitstekend. Ons wil graag ons erfenis beskerm, maar te veel gemeenskapslede is onbewus van al die monumente en gedenkwaardighede in Bloemfontein. Die skoonmaak van die President Brand-begraafplaas en die Brits-monument is al amper ’n jaar deel van ons volhoubare projekte in Bloemfontein en word ook ondersteun deur al AfriForum se plaaslike strukture,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

Die Bloemfontein-tak het ook ’n finansiële bydrae aan die Bloemfonteinse Voortrekkers gemaak om hulle by te staan met herstelwerk op die Doornkloof-Voortrekkerplaas wat skade in die onlangse oorstromings opgedoen het. Dié kampterrein word ook as deel van Suid-Afrika se erfenis bewaar.

AfriForum probeer om waar moontlik ’n verskil in die lewens van gemeenskapslede te maak.

Verklaring verskaf.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.