On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Miljoene se diamante verdwyn

───   06:04 Thu, 12 May 2022

Miljoene se diamante verdwyn | News Article

Die hofsaak oor diamante ter waarde van R6,7 miljoen, wat vanuit die Kimberley International Diamond and Jewellery Academy (KIDJA) se kluis weggeraak het, is nou na die Noord-Kaapse Hooggeregshof oorgeplaas.

Senior amptenare van Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme word by die hofsaak betrek nadat die diamante spoorloos uit ’n kluis by dié akademie verdwyn het.

Die 66-jarige voormalige departementshoof by dié Noord-Kaapse departement, Patrick Seboko; die 46-jarige senior projekbestuurder, Tebogo Gaborone; die hoofdirekteur vir Handel- en Sektor-ontwikkeling, die 56-jarige Lizette Wyngaard; asook die 60-jarige hoof finansiele beampte, Kuberin Packirisamy, het Dinsdag in die Handelsmisdaadhof in die stad verskyn.

LEES OOK: Voormalige Noord-Kaapse munisipale bestuurder in hof weens bedrog

Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Mojalefa Senokoatsane, sê verskeie klagte wat verband hou met die oortreding van die Wet op Openbare Finansiele Bestuur, sowel as die oortreding van die Diamantwet, asook bedrog word teen die beskuldigdes ondersoek.

Al vier beskuldigdes is tans op borgtog van R10 000 elk vrygelaat terwyl die saak na die 7de Junie vanjaar uitgestel is vir beide die verdeddiging en die staat om ‘n geskikte verhoordatum in die Hooggeregshof vas te stel.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.