On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Sol Plaatje proaktief tydens wateronderbreekings

───   09:37 Sat, 21 May 2022

Sol Plaatje proaktief tydens wateronderbreekings | News Article
FOTO: OFM-nuus

Die Sol Plaatje Munisipaliteit het voorsiening gemaak toe watertoevoer na Kimberley vir drie dae lank af was.

"Ons het water aan inwoners met Jojo tenks en watertenkwaens verskaf," sê munisipale woordvoerder Thoko Riet.

Sy het verder bygevoeg dat hul noodafdeling ook water aan hospitale en skoolkoshuise verskaf het. Daar was ook 'n span wat spesifiek aangewys is vir begrafnisse wat oor die naweek plaasgevind het.

OFM-nuus het met besighede in die omgewing gepraat, wat erg deur die wateronderbrekings geraak is.

Toe watertoevoer herstel was, was dit glo vuil en nie geskik vir menslike gebruik.

LEES MEER: Sol Plaatje infrastructure woes exacerbated

Lizzie Moremedi, 'n werknemer by 'n wassery, sê sy is diep geraak deur die wateronderbreking, en die besigheid het baie kliënte verloor.

Tshepo Pholoholo, mede-eienaar van 'n slaghuis en kroeg, het aan OFM-nuus gesê die handhawing van higiëne tydens die wateronderbreking was 'n hoofbron van kommer, aangesien hulle met vleis werk.

"Dit was 'n ware uitdaging" sê Pholoholo.

Hy het ook bevetig nadat watertoevoer herstel is, was dit te vuil om vleis te verwerk en was hulle gedwing produksie om af te skaal.

OFM Nuus/Heidrè Malgas

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.