On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Oud-skoolhof onthou Hansie Cronje

───   HEIDRÈ MALGAS 13:47 Wed, 01 Jun 2022

Oud-skoolhof onthou Hansie Cronje | News Article
Johan Volsteedt, oud-skoolhoof van Grey College/FOTO: Heidré Malgas

Dit is vandag presies 20 jaar sedert die legendariese Protea-krieketkaptein en oud-Bloemfonteiner, Hansie Cronje, in ‘n vliegtuigongeluk oorlede is.

Hy word deur sy oud-skoolhoof en krieketafrigter, Johan Volsteedt, wie ‘n massiewe rol in sy sukses gespeel het, onthou.

Volsteedt, oud-skoolhoof van Grey College - waar Cronje skool gegaan het - vertel aan OFM-nuus dat hy Hansie amper van geboorte af geken het.

“Toe Hansie nog op skool was het, het hy gesê as hy eendag op Lord’s kan speel vir Suid-Afrika sal hy sorg dat ek ook daar is, en hy het dit onthou” sê Volsteedt.

Hy vertel verder toe Suid-Afrika in 1994 kon terugkeer na internasionale krieket ná 33 jaar, het Cronje vir sy vliegtuigkaartjie Engeland toe betaal, sy hotelverblyf, sowel as vir kaartjies na die wedstryd.

“Kepler Wessels was kaptein, en Hansie was onder-kaptein - altwee kom van Grey af. Dit was ‘n voorreg gewees, omdat Kepler meer 100 loopies gehaal en Hansie baie goed geboul het.”

LEES MEER: “Kaptein, my Kaptein” vandag onthou

Hy beskryf Hansie se humorsin as ernstig, maar snaaks.

“Hy was ‘n persoon wat mense na hom toe getrek het met sy persoonlikheid, lojaliteit en waardes.

Helgard Müller, oud-Springbok en voormalige Vrystaat kaptein, onthou ook Cronje se humorsin en die verskil wat hy in vele kinders se lewens gemaak het.

“Hy was altyd bereid om te gee waar hy kon.”

Muller deel sy verjaardag met dié van Hansie se dood op 1 Junie.

“ ’n Mens kan nie besef dat dit al 20 jaar is nie, en mens wonder watter impak hy in Krieket Suid-Afrika sou gehad; en watse verskil hy sou gemaak het,” het Müller gesê.

“Ons sal hom altyd onthou vir wie hy was en ons sal hom nooit vergeet nie.”

OFM Nuus/ Heidrè Malgas

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.