Central SA
Kabeldiewe slaan weer in Kimberley toe─── 14:49 Wed, 08 Jun 2022
Die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley is weer deur kabeldiefstal en skade aan infrastruktuur getref.
Dit volg skaars twee weke nadat diewe meer as R1,5 miljoen se skade aangerig het toe koperkabels by twee afsonderlike persele gesteel is.
LEES MEER: Soektog na vermeende kabeldiewe geloods
In die jongste voorval is drie elektriese kiosk-bokse op drie verskillende punte in die stad beskadig.
Munisipale woordvoerder Thoko Riet sê die skade beloop minstens R20 000.
LEES MEER: Kimberley loop deur onder kabeldiefstal
Riet voeg by dat sulke gedrag die gemeenskap van Kimberley direk raak, aangesien dit noodsaaklike infrastruktuurdienste tot stilstand dwing.
OFM-nuus/Roderick Titus
