On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

'Publiek se geld word gemors sonder gevolge'

───   HEIDRÈ MALGAS 08:20 Sun, 19 Jun 2022

'Publiek se geld word gemors sonder gevolge' | News Article

Drie Vrystaatse munisipaliteite is deel van 'n groep van ses uit tien munisipaliteite wat in die steekproef geneem is, en nie rekenskap kon gee of tred hou met waarheen belastingbetalers se geld gegaan het nie.

Dit is volgens die Ouditeur-Generaal (OG) wat lede van die parlement toegespreek het.

Die Demokratiese Alliansie (DA) in die Vrystaat, het hul mening oor dié saak gegee.

Leona Kleynhans, DA lid van die Vrystaatse provinsiale wetgewer, sê munisipale geld word op groot skaal gesteel en daar is geen gevolge daarvoor nie.

“Die munisipaliteit het ‘n openbare rekeningkomitee wat moet ondersoek instel na die wanbestuur op verlore geld, soos die OG bevind,” het sy gesê.

Sy voeg by dat daarna moet die raad aanbevelings maak, en daardie aanbevelings kan kriminele klagtes insluit.

“Maar wat dan gebeur is, selfs al het die komitee goeie werk gedoen, sterf die hele storie in die raad,” voeg sy by.

Sy sê "so word die publiek se geld gemors en gesteel, sonder dat die verkose leiers enige gevolge afdwing nie."

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.