On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Vier in hegtenis geneem nadat hulle finansieringsmaatskappy bedrieg

───   16:00 Fri, 17 Jun 2022

Vier in hegtenis geneem nadat hulle finansieringsmaatskappy bedrieg | News Article

Die Valke in die Noord-Kaap het vroeg Vrydagoggend vier verdagtes tussen die ouderdom van 30 en 51 in Upington in hegtenis geneem vir bedrog, asook vir vervalsing van dokumente en regsverydeling.

LEES OOK: ZF Mgcawu Speaker reageer op beweerde inhegtenisname van burgemeester

Kaptein Tebogo Thebe van die Valke sê die vier het tussen 2017 en 2018 voertuie by 'n Upingtonse voertuighandelaar gekoop met vervalste dokumentasie, en so die voertuig finansieringsmaatskappy ,Wesbank, met meer as R1 miljoen ingeloop. 

Die verdagtes het vlugtig in die Upington-landdroshof verskyn.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.