Central SA
Kimberley-polisie ondersoek ontvoering van 40-jarige man─── 18:13 Mon, 20 Jun 2022
Die Noord-Kaapse georganiseerde misdaadvoorkomingseenheid se speurtak in Kimberley ondersoek die ontvoering van 'n 40-jarige man in Samariaweg in Kimberley.
Volgens luitenant-kolonel Sergio Kock van die polisie se kommunikasie-afdeling, het die voorval Saterdagmiddag omstreeks vier-uur gebeur toe die man vier onbekende mans vir 'n sake-afspraak ontmoet het.
Hy sê dit is onbekend wat tydens die byeenkoms verkeerd gegaan het wat gelei het tot verskeie skote wat afgevuur is, waarna die mans, wat steeds soek is, die 40-jarige in hulle rooi Opel Corsa bakkie met registrasienommer BSX 069 NC geforseer en weggejaag het.
Kock sê enige inligting rakende die voorval of die verdagtes en/of die voertuig, sal vertroulik hanteer word.
Die ondersoek na die vermiste man duur voort.
