Central SA
Niks gesteel van vermoorde man wat op N1 gevind is nie─── HEIDRÈ MALGAS 13:02 Tue, 19 Jul 2022
Niks is as gesteel aangemeld nie in die beweerde rooftog in Fichardtpark, waarna die 46-jarige Moeketsi ‘Kakapa’ Selemela ure later dood op die N1 gevind is.
Volgens polisiewoordvoerder, Peter Kareli, is niemand tot dusver in hegtenis geneem nie en daar is beweer dat niks uit die huis of van die slagoffers gesteel is nie.
LEES OOK: Vermoorde man op N1 gevind
OFM-nuus het vroeër berig Kareli sê die voorval het plaasgevind nadat die oorledene se vrou wou gaan draf het en glo deur 'n gewapende man in 'n masker en sy makker verras is. Hulle het die vrou terug in die erf gedwing en kontant geëis.
Later is die slagoffer se voertuig op die N1 buite Bloemfontein opgemerk, waar dit langs die pad geparkeer was. Nooddienste is na die toneel ontbied en die insittende man is op die toneel dood verklaar.
Die ondersoek duur voort.
