Central SA
Vermoorde man op #N1 gevind─── HEIDRÈ MALGAS 07:23 Mon, 18 Jul 2022
'n Saak van moord, roof en ontvoering word ondersoek nadat 'n 46-jarige man dood in sy bakkie op die N1 buite Bloemfontein gevind is.
Polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Peter Kareli, sê die voorval het plaasgevind nadat die oorledene se vrou wou gaan draf het en glo deur 'n gewapende man in 'n masker en sy makker verras is, waar hulle die vrou terug in die erf gedwing en kontant geëis het.
Die vrou en haar twee kinders, 14 en 4 jaar oud, se hande en voete is vasgemaak en in die slaapkamer toegesluit.
"Die 46-jarige man is met 'n vuurwapen in sy voertuig gedwing, met sy hande en voete vasgemaak, en 'n plastieksak oor sy kop,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg dat die verdagtes die slagoffers se motor bestuur het en die vrou en kinders agtergelaat het.
“Die vrou het daarin geslaag om haarself los te maak en sy het hulp gaan soek. Die polisie is na die toneel ontbied en 'n boodskap is uitgestuur dat daar na 'n donkergrys Toyota Hilux met FS-registrasienommers gesoek word,” het Kareli gesê.
Later is die voertuig op die N1 net buite Bloemfontein opgemerk, waar dit langs die pad geparkeer was. Nooddienste is na die toneel ontbied, waar die man op die toneel dood verklaar is.
Die polisie vra enigiemand wat inligting het om speurkaptein Van Dyk van Parkweg in Bloemfontein by 082 526 2589 te kontak, misdaadstop op 08600 10111 te skakel of na MySAPS te gaan.
OFM-nuus
