On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

Ondersoek na plaasmoord in Noord-Kaap begin

───   15:31 Wed, 17 Aug 2022

Ondersoek na plaasmoord in Noord-Kaap begin | News Article

'n Polisie-ondersoek is begin ná die moord op 'n bejaarde vrou op haar plaas buite Olifantshoek op die N14 in die Noord-Kaap.

Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, Sergio Kock, sê die polisie is steeds op die uitkyk vir die twee mans wat na bewering met die slagoffers, Bets en Andrew Olivier, se selfoon en vuurwapens gevlug het. Die slagoffer se liggaam is in haar huis gekry terwyl haar man in die veld gekry is. Hy kon daarin slaag om homself te bevry nadat hy vasgemaak is.

ALSO READ: Manhunt launched after farm murder in Northern Cape

Intussen het die woordvoerder van die Noord-Kaapse departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Zandisile Luphahla, gesê hy veroordeel die wrede aanval op die bejaarde egpaar op hul plaas. Luphahla het verder bygevoeg dat daar samesprekings met die Noord-Kaapse Lid van die Uitvoerende Raad (LUR) van Vervoer, Veiligheid en Skakeling was om enige toekomstige aanvalle op boere en plaaswerkers aan te spreek.

OFM–nuus/Bambatha Giko

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.