On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Erfenisfees mik om verskillende bevolkingsgroepe bymekaar te bring

───   09:00 Sun, 11 Sep 2022

Erfenisfees mik om verskillende bevolkingsgroepe bymekaar te bring | News Article
FOTO: www.namibian.com.na

Die Nama-taalaktivis, Gerrit Damarah, sê die Erfenisfees wat aan die einde van September sy wese in die Dawid Kruiper Munisipale regsgebied gaan sien, is daarop gemik om die verskillende bevolkingsgroepe van die regsgebied bymekaar te bring.

Damarah sê dié fees sal bevolkingsgroepe die platform gee om hulle tradisionele en kulturele agtergronde aan mekaar voor te stel. 

Hy sê erfenis word omskryf as dit wat ons geërf het en is die somtotaal van die natuurlewe sowel as plekke van geskiedkundige belang, en die totale menswees wat die mense van Suid-Afrika so mooi uitbeeld. 

Damarah sê as sodanig staan dit ook nie los van die politieke verlede van die land nie, en behoort elke Suid-Afrikaner die droom van Oud-President Nelson Mandela van 'n reënboognasie na te streef. 

Hy sê die Erfenisfees wat die Nelkies Investment-organisasie saam met Centre of Hope en die privaat sektor, insluitend kultuurgroepe aanbied, wil nie net kulture en afsonderlike groepe akkommodeer nie, maar uitreik oor die verskillende kultuurgrense heen. 

Die aktivis, wat homsef beywer vir die herlewing van die Nama-taal, span met die Namibies-gebore skrywer, Cheriza van Schalkwyk, kragte om die droom van 'n reënboognasie te bevorder. 

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.