On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Kimberley-watertoevoer herstel

───   07:33 Mon, 12 Sep 2022

Kimberley-watertoevoer herstel | News Article
Image: Shutterstock

Die Sol Plaatje-munisipaliteit het laat weet dat die watertoevoer na dié Noord-Kaapse hoofstad weer herstel is.

Dit nadat toevoer opgeskort moes word vir herstelwerk aan ‘n hoofpypleiding oor die naweek.

Woordvoerder Thoko Riet sê die stelsel is weer “terug na normaal”. Diegene wat steeds nie water het nie, word aangeraai om die munisipaliteit se kontaksentrum te skakel.

“Ons sal die situasie monitor en nagtelike afsluitings vanaf vanaand, van 20:00 tot 04:00, implementeer totdat waterreserwes herstel is,” verduidelik Riet verder.

LEES OOK: Pyp bars in Kimberley

Herstelspanne het bykans die hele naweek gespook om die pypleiding te herstel nadat hulle moes wag vir watervlakke om te daal om te begin werk.

Herstelwerk aan Midstation is Sondag voltooi.


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.