Central SA
Vier verdagtes gesoek nadat hulle uit vangwa ontsnap─── 12:20 Sun, 09 Oct 2022
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het 'n grootskaalse soektog na vier verdagtes in die Noord-Kaap begin nadat hulle tussen Kuruman en Kathu uit aanhouding ontsnap het.
Die polisie sê die verdagtes het vanuit 'n polisievangwa ontsnap tydens 'n oorplasing van Kathu na die gevangenis in Kuruman.
Die verdagtes is aanvanklik in hegtenis geneem vir hulle beweerde betrokkenheid by 'n sakeroof in Olifantshoek vroeër vanjaar.
Polisiewoordvoerder, Olebogeng Tawana, sê intussen die verdagtes is gevaarlik en moet nie deur die publiek genader word nie, maar dat die polisie in kennis gestel moet word.
'n Ondersoek oor presies hoe die verdagtes vanuit aanhouding ontsnap het, is ook gelas.
