On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Duisende inwoners by Imbizo in Upington verwag

───   09:11 Fri, 21 Oct 2022

Duisende inwoners by Imbizo in Upington verwag | News Article
Pres. Cyril Ramaphosa tydens sy besoek aan die Redstone-sonkragaanleg. FOTO: SABC

Duisende inwoners word by die Presidensiële Imbizo, wat Vrydagoggend 21 Oktober 2022, by die Mxolisi Dick Jacobs-stadion in Upington begin, verwag.

Die Imbizo is die afgelope week voorafgegaan met verskeie gemeenskapsgebaseerde uitreikveldtogte.

Pres. Cyril Ramaphosa het onder meer 'n besoek aan die Redstone-kragsentrale buite Postmasburg gebring, terwyl verskeie ministers regoor die streek met gemeenskapslede vergader het.  

Vrydag se gebeure gaan volgens die gasheer, die ZF Mcgawu-streeksmunisipaliteit se speaker, Stanley Peterson, dienslewering, grondkwessies en die ontoereikende toiletstelsels in informele woonbuurte aanspreek.

Gemeenskapslede kan deur die speakers van die verskillende munisipaliteite in die provinsie vrae stel aan die president, kabinetslede en burgemeesters, wat ook die geleentheid gaan kry om terugvoer te gee oor afgehandelde projekte in gemeenskappe.

LEES OOK: Ramaphosa bring besoek aan Noord-Kaapse sonkragaanleg

Na verwagting sal daar ook terugvoer wees oor nuwe projekte, veral dié wat verband hou met die regering se planne om die land se energiekrisis aan te spreek.

Vrydag se Imbizo-program begin by die Mxolisi Dick Jacobs-stadion in Upington. Minstens 5000 inwoners van regoor die streek sal na verwagting die geleentheid bywoon.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.