Central SA
Ramaphosa bring besoek aan Noord-Kaapse sonkragaanleg─── 07:38 Tue, 18 Oct 2022
Pres. Cyril Ramaphosa besoek Donderdag die Redstone-sonkragaanleg by Postmasburg in die Noord-Kaap.
Dit vorm deel van sy besoek aan die Noord-Kaapse ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit tydens die Presidensiële Imbizo in Upington.
Die Redstone-sonkragprojek vorm deel van die regering se hernubare onafhanklike kragprodusenteprogram en is geleë in die Tsantsabane- en Kgatelopele- munisipale gebiede.
Met 12 ure se volvrag-energieberging sal dit elektrisiteit aan meer as 200 000 Suid-Afrikaanse huishoudings kan lewer.
Die aanleg is tans 45,5% voltooi en voorsien tans 972 mense van werk. Dié getal sal binnekort tot 1500 verhoog word namate konstruksie vorder.
Redstone sal na verwagting vir ? tydperk van 20 jaar funksioneer, ingevolge ? kragkoopooreenkoms met Eskom.
Die Kantoor van die Presidensie meen die projek sal oor sy leeftyd R575 miljoen aan sosio-ekonomiese ontwikkelingsprogramme aan gemeenskappe in die omgewing waar dit geleë is, bestee.
