On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
Show Background
NEXT: 20:00 - 23:59 Saturday Nights with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Man van Douglas tydens rooftog doodgeskiet

───   07:05 Thu, 24 Nov 2022

Man van Douglas tydens rooftog doodgeskiet | News Article
FOTO: Gallo

Die polisie se georganiseerde misdaad-ondersoekeenheid in die Noord-Kaap ondersoek die moord op 'n bejaarde man van Douglas.

Die slagoffer is Dinsdag in die vroeë oggendure in sy huis aangeval en noodlottig gewond.

Polisiewoordvoerder Olebogeng Tawana sê die verdagte het na die moord verskeie items, insluitend juweliersware, gesteel en op die vlug geslaan.

LEES OOK: Twee vas na juwelierswinkel rooftog

Tawana sê die polisie maak staat op die publiek se hulp vir inligting wat kan lei tot die arrestasie van die verdagte, terwyl die ondersoek voortduur.

Die oorledene was ten tye van sy dood saam met sy metgesel, wat ongedeerd was na afloop van die tragiese voorval.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.