On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Kalahari-boere vra hulp ná verwoestende brande

───   08:45 Wed, 30 Nov 2022

Kalahari-boere vra hulp ná verwoestende brande | News Article
FOTO: News24

Boere op meentgronde naby Groot Mier in die Kalahari bestry sedert Dinsdag om 22:00 verwoestende veldbrande wat vermoedelik weens swaar weer veroorsaak is.

Gemeenskappe en boere sukkel om die brande onder beheer te bring terwyl winderige toestande sake vererger.

’n Inwoner van die gebied, Willemina du Plessis, sê manne slaan vuur terwyl die vroue water en kos aandra. Sy sê die gebied ervaar sedert die begin van die somer geweldige brande met duisende hektaar weiveld wat reeds verwoes is terwyl skape en beeste, asook wild, in die brande gevrek het.

Die Oranjerivier Landbou-unie se Wilco Fourie het tydens die uitbreek van die vorige brand, wat regoor die Mier-gebied tot in die Kgalagadi-oorgrenspark en Botswana gewoed het, gesê die regering moet saam met boere staan en hulp verleen, veral omdat weivelde in die slag bly.

Die nie-regeringsorganisasie Droogtehulp SA se stigter, Chris van Biljon, vra dat gevestigde boere en landbou-organisasies die boere bystaan en help met voer en kos.

Willie Rossouw van die Askham-boerevereniging sê die skade is onherstelbaar, hoewel die reën in ‘n stadium baie gehelp het om die brande te blus.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.