On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Cheetahs-stut plettervat skoorsoeker in skoolverkeer - VIDEO

───   CORNÉ GREYVENSTEIN 10:54 Thu, 02 Mar 2023

Cheetahs-stut plettervat skoorsoeker in skoolverkeer - VIDEO | News Article
SKERMGREEP

Talle Bloemfonteinse kinders en motoriste was ontsteld toe ’n bedwelmde man die skoolverkeer Donderdagoggend amper in ’n nagmerrie laat ontaard het.

“Ek het hom maar dopgehou, en toe hy op die kar [klim en] begin skop, het ek die familie se liggaamstaal gelees en gesien die seuntjie begin huil,” het die Toyota Cheetahs se stut Schalk Ferreira aan OFM-nuus gesê.

“Ek het toe besluit ek moet nou maar uit my kar klim en iets begin doen daaraan.”

Hy was op die hoek van Parfittlaan en Sir George Greystraat op pad saam met sy vrou om hul dogtertjie by die meisieskool Eunice af te laai.

“Kwart oor sewe in die oggend verwag jy dít glad nie – dat ’n bedwelmde aan mense se motorruite begin klap en skielik op hierdie arme vrou se kar spring.”

Ferreira (38) sê hy het van die begin af geweet die moeilikheidmaker is bedwelmd. Hy het dronk voorgekom, maar was beweeglik en sy pupille was vergroot. Toe die situasie begin handuit ruk, het Ferreira die vrou en haar twee kinders gehelp deur die man van haar motor se enjinkap af te ruk.

“Alles het darem goed uitgewerk,” sê Ferreira.


“En ek weet, as dit enige van my vriende was en dit my vrou en my kinders was, sou my vriende presies dieselfde gedoen het. Families is baie belangrik vir ons – kinders en vroue… jy sal enigiets doen om hulle te verdedig,” vertel Ferreira.

“Hier in die hartland, in Bloemfontein, is ons trots op ons families en ons is trots op ons skole. Ons sal ons kinders verdedig tot elke prys. My vriende, my spanmaats en mense van Bloemfontein sou dieselfde gedoen het.”

Hy sê hy is bly hy kon die gesin help. “Ek hoop daardie seuntjie is oukei – selfs my dogtertjie het in die kar gehuil. Dit is nie lekker nie, maar ons moet diegene beskerm wat vir ons dierbaar is en ons na aan die hart lê.”

LEES OOK: Ferreira signs with the Cheetahs

Ferreira het begin 2021 by die Cheetahs aangesluit ná sy onverwagte terugkeer na die sport tien jaar vantevore. In 2008, voor die begin van die Super 14-seisoen, het hy 'n nekbesering tydens 'n voertuigongeluk opgedoen. Hy het sy terugkeer vir die Streeptruie in 2012 gemaak tydens die laaste vier rondtes van die kompetisie, maar 'n jaar later het hy vir eers uitgetree weens verdere beserings aan die werwels.

LEES OOK: Cheetahs prop Ferreira to join illustrious 100 club


OFM-nuus/Corné Greyvenstein en Morgan Piek 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.