On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Drie in hof ná moord op skaapwagter, diefstal van 98 skape

───   KEKELETSO MOSEBETSI 12:39 Thu, 01 Jun 2023

Drie in hof ná moord op skaapwagter, diefstal van 98 skape | News Article
PHOTO: SAPS/Twitter

Drie verdagtes verskyn vandag (1/6) in die Sasolburg-landdroshof vir die moord op 'n skaapwagter op 'n plaas naby Zamdela en die diefstal van 98 skape.

Drie mans is Woensdag (31/5) in hegtenis geneem vir die moord op die skaapwagter. 

Die voorval het Saterdag 27 Mei plaasgevind, op dieselfde dag wat André van Biljon (69), pa van die voormalige Springbok-haker Lukas van Biljon, op 'n kleinhoewe buite Oranjeville drie keer tydens 'n rooftog geskiet is. Van Biljon sr. is Dinsdag in die hospitaal oorlede. Van Biljon jr. is meer as 60 keer met 'n mes gesteek.

LEES OOK: Oud-Springbok se aanvallers bly vir eers agter tralies

'n Woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, Mahlomola Kareli, sê die polisie het Saterdag omstreeks 08:00 inligting ontvang oor 'n moord op 'n plaas naby Amelia in Zamdela. Met hul aankoms het hulle vir Hlompo Patrick Phale (33), 'n skaapwagter op die plaas, dood aangetref. Sy hande was met 'n tou vasgebind en hy het 'n skietwond in sy maag gehad.

Die polisie het ook ontdek dat 98 skape van die plaas gesteel is.

’n Moord- en veediefstalsaak is geopen en die ondersoek is deur die polisie se provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad oorgeneem.

Minder as 48 uur later is drie verdagtes tussen die ouderdomme van 33 en 41 jaar in Randfontein, Gauteng, in hegtenis geneem. Altesame 18 van die 98 gesteelde skape is teruggevind.

Kareli sê nog inhegtenisnames word verwag. Hy versoek dat enigeen wat met die ondersoek kan help, speursersant Tauru Majoe by 071-094-0570 skakel, of die polisie se misdaadlyn by 08600 10111, of die 112-noodnommer.

 OFM Nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.