On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes-amptenaar vas weens beweerde diefstal van tenderdokumente

───   12:28 Sat, 03 Jun 2023

Noordwes-amptenaar vas weens beweerde diefstal van tenderdokumente | News Article

Die Valke het 'n senior amptenaar by die Ratlou-munisipaliteit in hegtenis geneem weens die beweerde diefstal van dokumente wat moontlik met tenderbedrog verband hou.

Die 27-jarige Tsepiso Nkoane is Donderdag in Delareyville in hegtenis geneem.

Woordvoerder van die Valke, Tlangelani Rikhotso, het gesê die verdagte is van diefstal en regsverydeling aangekla.

"Daar word beweer dat die verdagte op 31 Maart 2023 tenderdokumente en oorspronklike fakture gesteel het vir 'n tender wat ondersoek word. Dit is na bewering na aanleiding van die ondersoeker se versoek vir die betrokke dokumente.

"Dié senior munisipale amptenaar se skorsing hou na bewering verband met ’n tender wat deur die Valke ondersoek word."

Die verdagte het Vrydag in die Atamelang-landdroshof verskyn waar hy op borgtog van R3 000 vrygelaat is.

"Die saak is tot 11 Julie vir verdere ondersoek uitgestel. Een van sy borgtogvoorwaardes is dat hy nie na die munisipaliteit moet terugkeer nie aangesien hy bewyse kan vernietig," het Rikhotso gesê.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.