Central SA
Inwoners van Sol Plaatje volgende week 5 dae sonder water─── ZENANDE MPAME 12:00 Thu, 03 Aug 2023
Die beplande wateronderbreking in Kimberley is Woensdag (9/8) van 18:00 tot Maandag (14/8) om 23:00.
Die doel is sodat werkers lekkasies in die grootmaatwaterpype kan herstel. "Die wateronderbreking sal ook ’n geleentheid bied om ander groot lekkasies op die pypleidings te herstel,” sê Thoko Riet, woordvoerder van die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit. Die watervlakke van die reservoirs word direk geraak deur die lekkasies op die grootmaatwaterpypleidings, sowel as by die Riverton-watersuiweringsaanleg.

Die kennisgewing aan inwoners. Foto: Facebook
Dit sal help om die watergehalte en -verskaffing in die toekoms te verbeter, sê Riet.
Inligting oor waar watertenks beskikbaar sal wees, sal later bekendgemaak word.
