On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Waterprobleme in Kimberley kniehalter gesondheidsdienste

───   KEKELETSO MOSEBETSI 10:37 Fri, 11 Aug 2023

Waterprobleme in Kimberley kniehalter gesondheidsdienste | News Article
Residents of Sol-Plaatje collecting water from JOJOs and water tankers dispatched by municipality, Photo: Supplied

Dienste by die Robert Sobukwe-hospitaal is ontwrig weens die watertekorte in Kimberley.

Sol Plaatje-munisipaliteit het inwoners Woensdag (9/8) ingelig om noodwateronderbrekings te verwag. Dit is hoofsaaklik weens waterlekkasies in Kimberley wat toegeskryf kan word aan infrastruktuur wat vervalle is. 

Thoko Riet, munisipale woordvoerder, het gister gesê vier lekkasies agter 3SAI is herstel, asook die lekkasie agter Roodepan. Dit is nog moeilik om die pypleidings by Riverton droog te kry om met sweiswerk te begin.

‘Wateruitdagings is niks nuuts vir die hospitaal nie’

Die waterprobleme die afgelope tien dae het ’n nadelige invloed op die daaglikse werksaamhede by die Robert Sobukwe-hospitaal. Daar is ’n agterstand met operasies en kommer oor die bestuur van pasiënte en hul veiligheid. Daar word beweer dat die hospitaal se toilette en krane met geel lint toegemaak is en pasiënte nie gewas kan word nie.

“Die RMS-hospitaal se waterinfrastruktuur is oud en word gekenmerk deur ’n kritieke gebrek aan beplande instandhouding die afgelope paar jaar. Wateruitdagings is niks nuuts vir die hospitaal nie wat voorheen deur reservoirverwante kwessies en besoedelde water geteister is,” sê Isak Fritz, DA-lid van die provinsiale wetgewer.

‘Beperkte water word gereserveer vir pasiënte en personeel’

Die Departement van Gesondheid het vroeër aan inwoners gesê om te verwag dat beperkte water gereserveer word vir pasiënte en personeel van die hospitaal. Die munisipaliteit het sedertdien watertenks en Jojo's na die verskillende wyke gestuur. Riet vra inwoners om water spaarsaam te gebruik om te verseker dat watertenks nie gevandaliseer word nie.

OFM Nuus het 'n navraag aan die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid gerig.

OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.