On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse tiener ter ruste gelê ná branddood

───   TSHEHLA KOTELI 11:03 Sat, 12 Aug 2023

Noord-Kaapse tiener ter ruste gelê ná branddood | News Article
Theo Diteho is in Upington ter ruste gelê.

Die 14-jarige Theo Diteho, wat in Upington in die Noord-Kaap doodgebrand het nadat hy van die diefstal van dagga beskuldig is, is Saterdag (12/8) ter ruste gelê.

Die drie verdagtes sluit ’n ANC-takvoorsitter en senior brandweerman, Elvis Sikepe, in. 

Theo se oom Deon Diteho het aan OFM Nuus gesê Sikepe is eintlik 'n familievriend van die Ditehos en Theo het na hom opgekyk. Terwyl Sikepe en twee ander steeds in aanhouding vir die misdaad is, is hy uit die regerende party geskors.

Die oom het bygevoeg Sikepe beweer Theo het homself verbrand. Sikepe het ook brandwonde aan sy hande gehad, maar beweer hy het dit opgedoen omdat hy Theo probeer help het.

Dit het alles Dinsdagaand (1/8) begin toe Sikepe en ander na bewering by Theo se huis aangekom en geëis het dat hy dagga teruggee wat hy glo gesteel het. Nadat Theo ontken het dat hy ooit die dagga gesteel het, het Sikepe glo gedreig om hom en sy vriende dood te maak. Theo is glo op dieselfde dag teen sy wil van die huis af weggeneem.

Die volgende dag is hy deur Sikepe na die plaaslike hospitaal geneem met erge brandwonde aan sy liggaam. Hy het later daaraan beswyk.

Deshi Ngxanga van die ANC sê hulle het 'n proses begin vir die onmiddellike skorsing van Sikepe met die doel om hom so gou moontlik uit die party se skop.

Op die dag van die gedenkdiens is Theo beskryf as ’n lewenslustige kind, gehoorsaam en met ’n stoute glimlag.

OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.