On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Suid-Afrika kan meer politieke sluipmoorde sien, waarsku kenners

───   DANE BEISHEIM 11:27 Mon, 28 Aug 2023

Suid-Afrika kan meer politieke sluipmoorde sien, waarsku kenners | News Article

Suid-Afrika blyk besig te wees om polities al hoe meer onstabiel te raak.

Die politieke ontleder Theo Venter meen daar sal 'n toename in politieke gemotiveerde moorde in die land wees soos ons die 2024 nasionale verkiesing nader.

Sy uitlating volg op die nasleep van die moord op ’n ANC-lid in KZN.

Twee verdagtes is reeds in hegtenis geneem in verband met die skietdood van Mabhungu Mkhize. Volgens provinsiale polisiewoordvoerder Robert Netshiunda is Mkhize Vrydag dood in ’n skietvoorval.

Hy is die derde ANC-raadslid wat sedert Junie in die noorde van KZN vermoor is. “Politieke moorde is ’n baie spesifieke aangeleentheid wat Suid-Afrikaners behoort te kwel. Dit is veral so in KwaZulu-Natal, maar ons het ook al voorvalle gehad in Noordwes en die Vrystaat,” sê Venter.

Suid-Afrika blyk besig te wees om polities al hoe meer onstabiel te raak. Politieke ontleder en dosent verbonde aan die NWU, prof. André Duvenhage, sê dit is na aanleiding van sy nuutste navorsing en ook gebaseer op ander studies.

Dit hou volgens Duvenhage onder meer verband met die ineenstorting van die land se regstelsel, as daar gekyk word hoe sogenaamde zama-zamas byvoorbeeld reg in eie hande neem.


Duvenhage is van mening dat die opbou van politieke spanning in die aanloop tot volgende jaar se verkiesing sal lei tot soortgelyke gevalle elders in die land. Trouens, daar was al sulke gevalle in sentraal SA aangemeld.

"Ek onthou nog die moord op Noby Ngombane in die Vrystaat – wat beslis polities gemotiveerd was.

Ngombane is op 22 Maart 2005 by sy huis in Bloemfontein doodgeskiet. Hy was 'n senior amptenaar in die oud-Vrystaatse premier Beatrice Marshoff se kantoor en raadgewer van twee voormalige premiers.

 OFM Nuus/Dane Beisheim

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.