On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Local News

Nog geen geregtigheid vir Noby Ngombane

───   MARK STEENBOK 15:51 Mon, 27 Aug 2018

Nog geen geregtigheid vir Noby Ngombane | News Article
Noby Ngombane PHOTO: sahistory.org.za

Daar is steeds onbeantwoorde vrae rondom die skietdood van ‘n senior ANC-lid en regeringsamptenaar 13 jaar ná sy sluipmoord.


Noby Ngombane, wat destyds as hoof van die Vrystaatse regering se beleidsmonitering- en evalueringseenheid gewerk het, is op die aand van 22 Maart 2005 koeëlbloedig by sy Hillsboro-woning deur ‘n onbekende persoon doodgeskiet.

Sy vrou, Nokwanda, haar broer, Bongani, suster, Tantswa Mlambo, en twee niggies, Siphumle Booi en Vuyokazi Mlambo, is vier maande ná dié noodlottige aand in verband met die moord in hegtenis geneem. Hulle het verskeie kere in die hof verskyn voordat die kantoor van die staatsaanklaer in Bloemfontein die aanklagte teruggetrek het. Die bevelvoerder van die Parkweg-polisiëringsgebied, Kgothatso Ramokotjo, het intussen by navraag aan OFM-nuus gesê dat die saak baie sensistief is en kon nie meer inligting rondom die ondersoek verskaf nie.

“Ek is seker almal weet dat die saak baie sensitief is. Daar was reeds baie spekulasie gewees. Dit is een van jou moeiliker, komplekse sake. Die saak word deur die Valke ondersoek, en ek kan jou verseker dat die saak aandag geniet. In hierdie stadium kan ek egter nie meer besonderhede verskaf nie,” sê Ramokotjo.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.