On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Central SA

Voorkom benadeling van Welkom-leerders, vra aktivis ná geveg

───   TSHEHLA KOTELI 09:59 Tue, 12 Sep 2023

Voorkom benadeling van Welkom-leerders, vra aktivis ná geveg | News Article

’n Onderwysaktivis het 'n beroep op ’n skool in Welkom gedoen om skade aan leerders te voorkom deur op te tree ná 'n geveg.

’n Onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, versoek die Welkom Tegniese Skool in die Vrystaat om redelike stappe te doen om voorsienbare benadeling van leerders te voorkom.

Makaneta se oproep kom nadat die Departement van Onderwys ’n ondersoek van stapel gestuur het na aanleiding van 'n video wat op sosiale media versprei is van drie seuns van verskillende rasse wat in die teenwoordigheid van 'n onderwyser baklei. Makaneta het ook die skool gekritiseer omdat daar nie teen die onderwyser opgetree is nie. Die ouers van die een leerder het haar daarvan beskuldig dat sy bevooroordeeld opgetree het deur nie die bakleiery te stop nie.

“Dit is duidelik uit die videogreep wat die rondte doen dat die onderwyser nie dadelik opgetree het toe die bakleiery tussen die seuns ontstaan het nie. Verder moes die onderwyser verantwoordelikheid geneem het vir die emosionele en fisiese welstand van die leerders deur te verseker dat daar geen voorsienbare risiko van besering vir die kinders was nie. Die skoolbestuur moet daarom daardie onderwyser sonder versuim skors en toelaat dat die proses sy verloop neem sonder onnodige invloed.”

Hy is ook van mening dat die skool dié wetlike plig van sorg onder sy onderwysers moet oplê. Die plig van sorg is 'n wetlike verpligting wat op alle Suid-Afrikaanse onderwysers opgelê word in ooreenstemming met die breë beginsel van in loco parentis, wat bepaal dat in die afwesigheid van ouers, onderwysers die rol van ouers moet aanvaar en dat hulle op dieselfde manier as 'n redelike ouer moet optree.

“Die onderwyser wat op daardie stadium teenwoordig was, het die plig gehad om alle betrokke leerders te beskerm en moes dus redelike stappe gedoen het om te verhoed dat die bakleiery in haar teenwoordigheid plaasvind.”

Hy het sy kommer uitgespreek dat as die situasie nie opgelos word nie, die voorval langtermyn-effekte en gevolge kan hê wat die emosionele welstand en die geestesgesondheid van die kind vir altyd kan beïnvloed. Nie net is die reg op veiligheid geskend nie, maar ook die reg op waardigheid en by uitbreiding die reg op onderwys.

“Dit behoort op hierdie stadium duidelik te wees dat artikel 12(1)(c) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 by Welkom Tegniese Hoërskool oortree is. Die onderwyser wat op daardie stadium teenwoordig was, het die plig gehad om alle betrokke leerders te beskerm en moes dus redelike stappe gedoen het om te verhoed dat die bakleiery in haar teenwoordigheid plaasvind.”

OFM Nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.