On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
Show Background
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Central SA

Suid-Afrikaners 'kan majestueuse skoonheid gratis ervaar'

───   KEKELETSO MOSEBETSI 07:57 Sun, 17 Sep 2023

Suid-Afrikaners 'kan majestueuse skoonheid gratis ervaar' | News Article
Barbara Creecy, Minister van Bosbou, Visserye en Omgewingsake, het gesê toegang tot sekere parke sal die volgende week gratis wees. Foto: twitter.com

“Nasionale Parkeweek is vir ons die ideale geleentheid om die majestueuse skoonheid van die land se nasionale parke aan die mense bekend te stel.”

Noordwes is een van die provinsies wat in die komende week gratis toegang tot spesifieke wildreservate gaan bied.

Hierdie week, van Maandag (16/9) tot Sondag (24/9), is toegang tot die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) gratis. 


Barbara Creecy, Minister van Bosbou, Visserye en Omgewingsake, het gesê die gratis toegang wat deur SANParke aangebied word, het ten doel om mense te inspireer om trots te wees op die land se kulturele erfenis terwyl hulle saam tyd in die natuur deurbring. 

Sy het inwoners versoek om voordeel te trek uit die gratis toegang wat in die komende week deur die land aangebied word.

“Nasionale Parkeweek is vir ons die ideale geleentheid om die majestueuse skoonheid van die land se nasionale parke aan die mense bekend te stel, veral aan gemeenskappe wat selde hierdie gebiede van bewaring, kulturele erfenis en biologiese diversiteit kan ervaar en geniet, selfs al is dit reg op hul drumpel.

“Bejaardes, wat hul lewe lank langs ’n Nasionale Park woon sonder om ooit te sien wat aan die ander kant van die heining is, moet in hul duisende geneem word om hul Nasionale Parke te gaan besoek,” het sy gepleit.

Meer as 600 000 mense het al dié parke besoek tydens Nasionale Parkeweek sedert die ontstaan daarvan in 2006.

Creecy het bygevoeg die Toerisme- en Parkeraad in Noordwes en Limpopo Toerisme-agentskap het aangesluit by die inisiatief om ’n "mahala"-week aan te bied, waartydens geselekteerde wildreservate gratis vir die publiek oopgestel sal wees. 

Identiteitsdokumente sal gevra word om gratis toegang te verkry, terwyl kinders onder die ouderdom van 16 nie ’n dokument hoef te verskaf nie.


Suid-Afrika se Nasionale Parkeweek-veldtog sal vanjaar in die Krugerwildtuin begin, met die tema "Ken jou Nasionale Parke". 

Die Kruger Nasionale Park is die sesde grootste park in Afrika wat 19 458 vierkante kilometer beslaan. Die park spog ook met die ikoniese Groot Vyf en 'n wye verskeidenheid ander wild en plante. Dit is ook 'n tuiste vir unieke landskappe en bome.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.