Central SA
EFF verhoed munisipale raad se kworum in Sasolburg─── KEKELETSO MOSEBETSI 15:00 Thu, 28 Sep 2023

“Daar was ’n kworum in die raadsvergadering en die EFF het daardie kworum doelbewus in duie laat stort.”
Die raad van die Fezile Dabi Distriksmunisipaliteit, wat die Metsimaholo Munisipaliteit in Sasolburg insluit, kon weereens nie vergader nie. Dit volg nadat die EFF-lede uit die vergadering geloop het.
Van die 31 raadslede is 16 van die ANC en hulle sou Donderdag (28/9) weer vergader het om oor die lot te beslis van Dennis Khasudi, burgemeester, en Sidney Pittaway van die DA. Verlede week kon hulle ook nie ’n kworum vorm nie omdat die ANC-lede nie opgedaag het nie.
Die EFF het ’n mosie van wantroue ingedien teen Khasudi en Pittaway van die DA. Die party beskuldig hulle van die oortreding van wetgewing en die nie-nakoming van sekere regulasies.
April Motaung, EFF-streekvoorsitter in die Vrystaat, het voorheen ANC-lede gekritiseer omdat hulle nie by die vorige raadsvergadering opgedaag het nie. Hy sê die afwesigheid van ANC-lede is ’n duidelike en gekoördineerde plan deur die ANC om nie die DA-leierskap aanspreeklik te hou nie.
April Motaung, EFF-streekvoorsitter in die Vrystaat. Foto: Central News
Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat, het lede van die EFF gekritiseer nadat hulle uit die raadsvergadering geloop het. Die EFF het 'n ligsinnige mosie teen die DA-burgemeester en speaker gebring. “Daar was ’n kworum in die raadsvergadering en die EFF het daardie kworum doelbewus in duie laat stort.
“Dit is duidelik dat die EFF alles wil afbreek wat in die Vrystaat werk. Hulle en hul leier tree op soos bedorwe brokkies,” sê hy.
Motaung sê hul vermoedens is korrek dat die ANC en die DA saamwerk.
“Dit is skokkend om te sien hoe die oudste bevrydingsbeweging op die vasteland deur korrupte rassiste gedikteer word. Die uitvoerende burgemeester en speaker het versuim om beslissende leierskap te toon om die munisipaliteit te lei. In plaas daarvan het die munisipaliteit net gestagneer.”
OFM News/Kekeletso Mosebetsi